Awe aan al die talentvolle woes mense, asook die lesers! Ek is vreeslik opgewonde oor die webtuiste en kan nie wag om nuwe woes vriende te maak nie! Ek is woonagtig in Vanderbijlpark en is 'n tweede jaar sielkunde student aan die NWU - Vaaldriehoek kampus. Uiteindelik...
Ugly-me.. Ek's n' man in my laat twintigs, met n' hart vol liefde, en n' gemoed vol verstaan en luister na die dinge en gedagtes van ander. Die ugly in me het niks te make met die uiterlike nie, maar meer oor die blote feit...
Ek is lief vir Afrikaans, haar praters en skrywers. Ek is nie n literator nie, maar ek maak skryfsels oor allerhande daaglikse goed. Hier is baie talent op hierdie blad en ek geniet my gate uit.
Ek is 'n verstrooide professor ... verskoon my as ek soms deurmekaar praat of goed vergeet. Ek vergeet soms my vrou se naam. Lekker lees aan my gedagtes.
In goue jare al, van lat swaai ken ek, is versot op die bos en 'n regte houtvuur, en 'n vleisie op die kole. Goeie geselsskap, en soms is woorde oorbodig tussen twee mense.
deur natasha dutton
"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)