Die jakarandas het gebloei
So pers,
Ons liefde het gegroei
By die opsitkers.
Jy het my oog gevang,
Daardie eerste nag.
My hart was bietjie bang,
Ek het so lank gewag!
Sou jy soos die ander wees?
Nie ernstig nie?
Kon ek meer daarin lees?
Of was jy die een?
Lank het jy nie gewag
Jy was haastig
Ek het eers vir jou gelag,
Is jy ernstig?
Na twee weke was ons verloof
Ek was vir alles doof
Niemand kon my ompraat
Om die trouery eers te laat.
Na slegs sewe weke het ons
in die huwelik geplons.
Vir ewig wou ons saam wees,
Om saam te lag en lees!
(110 woorde)
|