Ek wil so graag ‘n poppie hę
Om naby my te kan lę.
Dan kan ek haar mooi aantrek
Om by die anders kinders te kan “breg”.
Ons ou huisie is so klein
Naby die uitgewerkte myn.
Ons is so baie kinders,
Nege en nie een minder.
Hier eet ons meestal pap,
Voor ons skool toe stap.
Ons eet ook darem brood,
Wat my mamma vir ons koop.
Sy is so lief vir ons
En bak soms vir ons skons.
Haar hart is baie seer,
Omdat ons nie hard wil leer!
Pappa plant maar vir ons groente,
Dis ‘n hele gedoente.
Eers word geploeg en gesaai,
Dan word die krane oopgedraai.
Maar al is ons arm,
Gelukkig is ons darem.
Ons is so lief vir mekaar
En so saam probeer ons spaar.
* Die gedig het geen betrekking op die digter nie.
(141 woorde)
|