Wit skuim op 'n snor,
'n hand vryf oor 'n baard,
wenkbroue beur orent,
plooie op 'n verbande voorkop.
Kakieklere vol stof,
hande vol eelte,
harige arms,
geoefende kuite.
Die man staar,
sy bier word warm,
frons op sy gesig,
dalk kom daar tog reën.
(46 woorde)
|