wens ek kon vanaand my hart oopbreek voor jou
sodat jy die twyfel en deurmekaar kon aanskou
dat jy vir een keer 'n antwoord vir my kon hê
dalk kon jy my troos en vertel wat in die toekoms lê
wens ek kon my deurmekaar gedagtes stop
keer dat my hart so onbedaarlik klop
wens ek kon iewers rus en vrede vind
om stil te glo en vertrou soos 'n kind
... vanaand het ek jou nodig om die geraas in my kop stil te maak ...