Ons het daagliks te doen met mense in dienslewering, vanaf die sekuriteitswagte by hekke van komplekse tot by die metro polisie man wat jou ‘n kaartjie skryf. Ek stem saam dit is nie altyd ‘n plesier om met die mense te doen te kry nie, veral nie as dit kom by boetes kry.
En dit raak veral moeilik as jy bedonderd is. Ek glo daar is ‘n gentlemans agreement tussen publiek en hierdie mense dat hulle sal verstaan as ons in ‘n slegte bui is en dat ons ook ten minste sal probeer om nice te wees.
Maar dan kry jy hierdie mense wat regtig my agterent so bietjie krap. Ek het nou die dag op ‘n partytjie so ou ontmoet. Hy vertel ‘n storie waar hy deur ‘n spietkop gestop word en die woorde het so iets gegaan, “Jy weet, toe ek my venster afdraai toe is ek sommer al klaar gatvol want wat gee hom die reg om my te stop”.
Wel, om die waarheid te sê wen hy nie die yskas in my personality of the week sweepstakes nie. Iemand wat nie basiese respek vir iemand anders kan hê nie kan volgens my maar op die plein gehang word.
Ek het eenkeer ‘n digter ontmoet wat daarvoor uitgaan die polisie af te kraak. Sy het dit met soveel passie gedoen. Wat ‘n vlak mens het ek gedink toe ek haar ontmoet. Ek glo nie sy het al een dag in haar lewe iets vir ander gegee nie.
Dit is hierdie ouens wat vyf minute by die sekuriteitshek sukkel om toegang te kry want die wag “mors sy tyd” en hy moet kan inry.
Dit is sulke mense wat divisies tussen ander veroorsaak en dit so maak dat jy volgens jou uiterlike respek en aandag geniet. Hulle is gewoonlik erg selfsugtig en sal nooit ooit iets vir ander doen nie.
So, as jy weer met so persoon te doen kry. Draai net rustig na die drol en sê “Maar jou poep stink ook”. Ek glo dit sal hom bietjie terug aarde toe bring. As hy jou uitskel, poep en laat hom ruik. Hy sal die reuk van sy persoonlikheid in sy gesig hê.
Willem
(385 woorde)
|