Ek wil alle Woesters ‘n geseënde en voorspoedige 2010 toewens. Ek sien regtig dat hierdie jaar vir ons geluk en welvaart inhou. My droom is dat Woes sal verdubbel in die hoeveelheid bladsye wat daagliks gelees word asook die hoeveelheid daaglikse besoekers.
Ek wens dat almal se werk meer in hierdie een jaar gelees word as wat dit in die afgelope 3 jaar gelees is. Ek hoop dat almal wat self wil publiseer die kans gegun kan word.
Ek wens dat ons as ‘n gemeenskap van skeppers as die grootste gemeenskap van skeppers in Suid Afrika kan word en die nodige erkenning daarvoor ontvang.