Projekte: Februarie Woord-uitdaging

Vandag in Woorde bied jou hierdie week weer ’n heerlike woord-uitdaging. Die eerste vir hierdie nuwe jaar wat al sowaar die eerste maand afgehandel het en ons is pens-en-pootjies binne-in die tweede maand. Die Woestelinge, of ten minste sommige, het die vorige uitdagings soos ’n bul aan die horings gegryp en Rodeo gery. Dalk is dit tyd dat daar ’n Woord-kampioen verkies word wat die titel moet verdedig.
Omdat ons gereeld nuwe Woestelinge bykry en omdat baie van ons ouer Woestelinge nie meer so voluit onthou nie, verduidelik ek net gou weer die reëls.
Nou kyk, dit werk so:
1. Ek gee vir jou ses woorde.
2. Jy moet al ses woorde gebruik.
3. Skryf in enige genre of sommer net ’n gorrel.
4. Gee eers die ses woorde voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk in jou bydrae. (Jy onthou mos, daar is van ons wat maklik vergeet wat die woorde was.)
5. Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vang wat vervang word.
6. Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.
Dis dan dit. O ja en hier is die woorde:
Stoksielalleen
Reneweer
Opgekrop
Namens
Leegheid
Mymer

Nou kan jy maar laat waai! Verras ons. Verheug ons. Vang ons vas. Verlei ons. Vertel ons.
Maar moet ons nie verraai nie. Skryf soos die bui jou lei! Skryf net, asseblief tog.
Bos-groetnis
Kiekies.

Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar

Februarie Woord-uitdaging | Projekte | Woes - Kreatiewe platform vir Afrikaans

Projekte: Februarie Woord-uitdaging

Vandag in Woorde bied jou hierdie week weer ’n heerlike woord-uitdaging. Die eerste vir hierdie nuwe jaar wat al sowaar die eerste maand afgehandel het en ons is pens-en-pootjies binne-in die tweede maand. Die Woestelinge, of ten minste sommige, het die vorige uitdagings soos ’n bul aan die horings gegryp en Rodeo gery. Dalk is dit tyd dat daar ’n Woord-kampioen verkies word wat die titel moet verdedig.
Omdat ons gereeld nuwe Woestelinge bykry en omdat baie van ons ouer Woestelinge nie meer so voluit onthou nie, verduidelik ek net gou weer die reëls.
Nou kyk, dit werk so:
1. Ek gee vir jou ses woorde.
2. Jy moet al ses woorde gebruik.
3. Skryf in enige genre of sommer net ’n gorrel.
4. Gee eers die ses woorde voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk in jou bydrae. (Jy onthou mos, daar is van ons wat maklik vergeet wat die woorde was.)
5. Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vang wat vervang word.
6. Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.
Dis dan dit. O ja en hier is die woorde:
Stoksielalleen
Reneweer
Opgekrop
Namens
Leegheid
Mymer

Nou kan jy maar laat waai! Verras ons. Verheug ons. Vang ons vas. Verlei ons. Vertel ons.
Maar moet ons nie verraai nie. Skryf soos die bui jou lei! Skryf net, asseblief tog.
Bos-groetnis
Kiekies.

Geen items

Daar is nog geen werkstukke vir die dag gepubliseer nie.

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.