Projekte: Bly

BLY
Vandag in woorde se tema vir hierdie week is ‘Bly’. Dis ’n baie klein woordjie met ’n hele paar verskillende betekenisse. Die eerste begrip wat by my opkom is vreugde, gelukkigheid, oorstelptheid, blydskap. Dan voel ek my genoop om te sê hoe bly my hart was oor al die bydraes wat julle dierbare Woesters gemaak het tot verlede week se ‘MASKERS’ tema. Ek gee staande applous aan ieder en elk!
In die lewe is daar so baie dinge wat my bly maak. Nie noodwendig groot goed wat baie geld kos nie, alhoewel ’n Audi TT my ook vreeslik bly sal maak. Hoor jy Bokka?
Vat nou maar gistermiddag. Ek kan nie eers voluit verduidelik hoe bly my hart was toe Bokka hier aankom met ’n sakkie vol swart Wilson toffies, nie. Man, ek vertel jou ek het gejubel en gejuig, want dis nie iets wat mens aldag hier in die bos raakloop nie.

Is daar iets so klein soos ’n toffie wat jou bly kan maak? Vertel ons daarvan. Dalk sien ons dan ook die klein goedjies raak wat groot blydskap bring.

’n Ander blye dag wat ek altyd sal onthou is die dag dat ’n vreemde stem oor die foon my meegedeel het dat daar ’n beurs aan ons seuna toegeken is. Al sy studies, boeke en verblyf kon betaal word. Ek was alleen my kantoor. Toe ek daai foon neersit, was ek eers vir ’n paar sekondes stil om die nuus te laat insink. Daarna het ek tegelyk getrippel-dans en uit volle bors, ’n dankgebed gejubel. Vertel ons van die nuus wat jou al só bly gemaak het.

Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar

Bly | Projekte | Woes - Kreatiewe platform vir Afrikaans

Projekte: Bly

BLY
Vandag in woorde se tema vir hierdie week is ‘Bly’. Dis ’n baie klein woordjie met ’n hele paar verskillende betekenisse. Die eerste begrip wat by my opkom is vreugde, gelukkigheid, oorstelptheid, blydskap. Dan voel ek my genoop om te sê hoe bly my hart was oor al die bydraes wat julle dierbare Woesters gemaak het tot verlede week se ‘MASKERS’ tema. Ek gee staande applous aan ieder en elk!
In die lewe is daar so baie dinge wat my bly maak. Nie noodwendig groot goed wat baie geld kos nie, alhoewel ’n Audi TT my ook vreeslik bly sal maak. Hoor jy Bokka?
Vat nou maar gistermiddag. Ek kan nie eers voluit verduidelik hoe bly my hart was toe Bokka hier aankom met ’n sakkie vol swart Wilson toffies, nie. Man, ek vertel jou ek het gejubel en gejuig, want dis nie iets wat mens aldag hier in die bos raakloop nie.

Is daar iets so klein soos ’n toffie wat jou bly kan maak? Vertel ons daarvan. Dalk sien ons dan ook die klein goedjies raak wat groot blydskap bring.

’n Ander blye dag wat ek altyd sal onthou is die dag dat ’n vreemde stem oor die foon my meegedeel het dat daar ’n beurs aan ons seuna toegeken is. Al sy studies, boeke en verblyf kon betaal word. Ek was alleen my kantoor. Toe ek daai foon neersit, was ek eers vir ’n paar sekondes stil om die nuus te laat insink. Daarna het ek tegelyk getrippel-dans en uit volle bors, ’n dankgebed gejubel. Vertel ons van die nuus wat jou al só bly gemaak het.

Geen items

Daar is nog geen werkstukke vir die dag gepubliseer nie.

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?