Projekte: Groen

Terwyl dit nog somer is en die reëns in meeste streke volstoom, of is dit vol-stroom, op die aarde neerdaal om alles in  lowergroen landskappe te omskep, sal hierdie week se tema ‘GROEN’ wees. Hier in die bos is dit nie net groen nie. Dis skree skerp lemmetjie groen. Hoe lyk dit met ’n bydrae oor die groen natuurskoon?

Wanneer mens hoërskool of universiteit begin, word jy ’n groentjie genoem. Dalk is daar ’n lekker groentjie storie wat jy hier op die werf wil vertel. Of dalk kan jy oor iemand anders se groentjie-geite skinder.

Om ontslae te raak van groentjie status moet jy ont-groen raak. Ontgroening bring ’n bietjie pyn, maar baie komieklike situasies wat jy vir jou Woes maters kan oorvertel.
Ander groen gedagtes is die groenoog monster. ’n Aaklige ding wat aanhou groei en in ’n dinosourus ontaard as hy nie kleintyd vermorsel word nie.

Die verkwisterige man eet die vrugte van sy lewe groen op; die inhalige laat hulle sit tot hulle vrot is.  So het Langenhoven gesê.  Oor hierdie groen situasie kan mens dik stukke filosofeer in ’n lekker skryfsel hier op ons werf.

Gedigte

Musiek & Lirieke

Gorrel

Rubrieke

Woes-Nuus



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar