Projekte: Nag

Hierdie week is die tema vir vandag in woorde ‘NAG’. In ons taal is daar ’n idioom wat lui: so lelik soos die nag. Ek is nie so seker dat dit regverdig is nie. Is die nag dan altyd lelik? My kind praat van hondlelik, maar honde is ook nie lelik nie.

Ek dink terug aan die nagte in die woestyn. ‘Pragtig’ begin nie eers die mooi daarvan beskryf nie. Die flonkering van hordes sterre teen die middernag-blou agtergrond. Om my, net doodse stilte. Daar is geen naggeluide nie. Vertel vir ons van jou nagtelike ondervinding iewers op ’n plek vêr van jou land.

Hier in die Afrika bosveld is die sterre minder, maar die maan is helderder. Soms so geel soos gesmelte botter. Die naggeluide is duidelike hoorbaar. Paddas, krieke, besies, ’n jakkals of wildekat. Uile en selfs ’n kraai of twee wat nie kan slaap nie. Het jy al so langs ’n vuur in die donkerte gesit en die nag beluister. In hart en siel ervaar. Kom deel dit met ons, ag toe man.

So mooi as wat die nagte in die bos of woestyn mag wees, oortref dit nogtans nie nag langs die see nie. Die suising van golwe wat aangerol kom en dan met ’n plasgeluid op die strand opbreek. Sneeuwit skuimbolle om jou voete. Die dowwe geel liggies van visserskuite in die diep-water en die rooi en groen waarskuwingsligte op die hawemuur. Straatligte om die baai wat in lang wit strepe op die water weerkaats. Dis maar net my opinie, wat het jy te sê? 

Rubrieke

Gedigte

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar