Projekte: Onsigbaar

Vandag in Woorde se nuwe tema vir die week is ‘ONSIGBAAR’.

Hier kan jy nou jou verbeelding en gedagtes op galop sit om wild oor die berge en dale van die lewe heen-en-weer  te hop, skip en jump.

Jy mag in mense se diepste geheime donker en verligte plekkies gaan rondkrap. Jy mag teenwoordig wees in byeenkomste waarvan die deure vir ongenooides gesluit is.
Jy mag bankstate, testamente en dagboeke lees en luister na stort-gesange, skinderstories en vars besluite waarvan niemand nog weet nie, aangaande politieke sake, begrotings of hofbevindinge.
Ja jy mag, want hierdie week is jy onsigbaar. Tog is daar ’n voorwaarde.
Jy moet vertel.   Alles vertel!
Waar sal jy jou intrek neem?
Wat hoop jy om uit te vind?
In wie se teenwoordigheid wil jy wees?

Gedigte

Rubrieke

Gorrel

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar