Projekte: Woord uitdaging April

Vir hierdie week se ‘Vandag in Woorde’ is dit weer hoogtyd dat ons ’n spik-splinternuwe woord uitdaging doen. Kan jy glo? Die laaste uitdaging was al aan die einde van November verlede jaar gedoen. Ons het nog nie eers ’n uitdaging in 2014 gehad nie. Kan dit wees? Ja dit kan! Tyd is soos water en dit beweeg stroomaf.
Intussen het daar al heelwat nuwe lede bygekom en ek nooi ieder en elk om die uitdaging te aanvaar. Ter verduideliking aan ons nuwe lede en al die ander wat nie meer kan onthou nie, gee ek net gou weer die reëls.
So werk dit:
1. Ek gee vir jou ses woorde.
2. Jy moet al ses die woorde gebruik.
3. Skryf in enige genre. Selfs ’n gorrel is baie welkom.
4. Gee die ses woorde voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk. (Dit help die leser om te sien hoe en waar jy die woorde in jou skryfsel inspan)
5. Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vou wat omvou word.
6. Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.
Dis al die reëls. Hier is die woorde:
Lou
Suurgesig
Perpleks
Neerlê
Kwets
Gort

Laat waai met ’n woord-werpsel. Ons is die ene afwagting!

Gedigte

Artikels

Gorrel

Kortverhale

Woes-Nuus



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar