Projekte: Instinkte

Die tema vir Vandag in Woorde is hierdie week ‘INSTINK’. Nee, dit het niks met jou neus uit te waai nie. Of het dit? Jy weet, dalk iets soos  ‘ruik ’n rot’. Dan hét dit mos met reuk te doen.

Na my mening is instink my sesde sintuig. Of is dit intuïsie? Daai ding wat hier om en in my hart krap om my teen iets te waarsku of van iets bewus te maak. Instink is 'n vorm van leiding wat gewoonlik verband hou met die gedrag van diere nl. jag, paring, die bou van huise (neste), ens. Die mens is ook maar dier of hoe? Soms meer dier as diere self.

Ons word met instink gebore. Babas gebruik instinktiewe gedrag - in hul suig, huil, glimlag, en ander aktiwiteite.

In ons gewone alledaagse lewe waarsku instink ons teen ’n bedrieër of ’n mens wat kamma-opreg is. Of ’n situasie wat jou sommer net ongemaklik laat voel.
Waar het jou instink jou al gered van ’n nare mens of uit ’n gevaarlike situasie? Seblief vertel vir ons.

Gedigte

Artikels

Titel: Sitbok

Rubrieke

Woes-Nuus



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar