Die nuwe onderwerk vir hierdie week se Vandag in Woorde, is ‘GLO’. Hierdie onderwerp is so wyd soos die Heer se genade. Daar is ’n spreekwoord wat se : dit wat jy glo is jou eie werklikheid. Daarom dus is wat ek en jy glo nie noodwendig iets wat iemand anders glo nie.
Daar is mense wat jy sonder twyfel kan glo, want hulle self glo in die waarheid. Dan is daar ander wat nie meer weet waar die waarheid ophou en die leuens begin nie. Dis daai ouens se stories wat jy met ’n knippie sout moet vat. Hulle lieg so baie en so aanhoudend, hulle glo hulle eie liegstories. Ken jy so iemand of dalk sommer net ek lekker oorvertel lieg-storie. Deel dit met ons.
Dan is daar ’n klein kindjie se glo. Jy kan hom enige iets vertel. As hy dit in sy verbeelding kan sie, sal hy jou glo. Wonderbaarlik glo hulle baie makliker die mooi en goeie stories. Ek verlang so terug na die dae dat ek vir my kinders vertel het hoë die tandmuis ook stukkende tandjies opkap vir deurknoppe en handvatseltjies. Ek kan maar netsowel erken: hoe meer ek vertel het hoë meer het ek dit naderhand self geglo.
Titel: Ek sal vir jou...glo
Titel: Een vir een
Titel: Ek glo
Titel: Waar begin `n kind verduidelik die liefde van `n kind tot `n ouer:
Titel: Ordentlik - glo vir my
Titel: Om te glo soos die son
Titel: Wens ons kon GLO
Titel: BID EN JULLE SAL ONTVANG:
Titel: 'n Moeder se pyn
Titel: Glo
Titel: Grootlieg se skoene
Titel: GLO ~ Besittings
Titel: Verder??
Titel: 'n JOB'S-PSALM (glo)
Titel: Ek glo U ken my hart
Titel: Ek glo my 'bubble' het gister gebars...
Titel: Vir mense soos Raqia, hier is wat ek glo, net omdat ek nie skaam is daaroor nie.
Titel: 'n Ewigheid se glo
Titel: Karre en snobs loop glo saam
Titel: Karre en snobs loop glo saam
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloƫ en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.