Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘VROU’. So byna rol vrouemaand by ons verby sonder dat ons die onderwerp aanraak. Wel nou het elke Woes skrywer ’n amptelike uitnodiging, dalk sommer ook ’n opdrag, om iets te skryf oor een of ander vrou. Of ‘VROU’ in die algemeen. Dit is tog heeltemal onmoontlik om mens te wees sonder die invloed van ’n vrou. Vertel ons maar van haar. Of enige ander vrou wat invloed in jou lewe het of gehad het.
My pa was vas oortuig dat die duiwel ’n vrou is. Pa het ook gesê hy is nie bang vir die duiwel nie, want hy was met die duiwel se suster getroud. Ma was ’n vrou vol geite en met befoeterd eerste op die lys.
As ek aan die vroue in my lewe dink, sluit dit my twee oumas in. Mev. Van Heerden, my graad een juffrou. Mevrou de Jager wat ons rekene juffrou en netbal afrigter in die laerskool was. Tannie Stienie, die burgemeester se vrou en ons kleremaakster. My dierbaarste pel, wat net ’n tiekie en ’n baksteen hoog staan, maar met die teenwoordigheid van Queen Elizabeth. Nog ’n hele paar vriendinne wat groot invloed op my gehad het of nog het. My drie susters. Hier op Woes is ’n hele paar vroue wat sonder dat hulle dit besef, my lewe en denkwyse beïnvloed. Die vrou wat hier in die bos, my huis skoonmaak.
Dan was daar Prinses Diana. Helen Zille. Meryl Streep. Nee wag, genoeg van my!
Vertel ons van die vrou of vroue wat invloed het in jou lewe, hetsy positief of negatief. Van beide is daar lesse te leer. Watter vrou maak jou suur en watter vrou maak jou hart gelukkig? Watter vrou wil jy navolg of watter vrou wys jou hoe om nie te wees nie?
Titel: Spieƫltjie aan die wand
Titel: Om te ontdek is natuurlik (Vrou Projek)
Titel: Die skone Eva`s geslag.
Titel: ...hierdie vrou van Afrika (vrou)
Titel: VROULIK-VROUWEES ('n GORRELGEDIG)
Titel: VROU UIT EEN STUK
Titel: Die liefde in mamma se trane..
Titel: ODE AAN DIE VROU
Titel: Hey June
Titel: So moet 'n vrou wees
Titel: Vrouens, julle moet jul mans onderdanig wees
Titel: Essensie van vrouwees
Titel: Vrou
Titel: geheim-ek het met 'n goedkoop vrou getrou-'n bargain!
Titel: Tannie Ria
Titel: Die balpunt pen - Vrou
deur Swartberg
n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.