Projekte: Straatkind

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘STRAATKIND’. Dis nie ‘n woord wat ek self gekies het nie, maar daar word ‘n STRAATKIND digbundel beplan. Die persoon in beheer is Zuanne-Marie Joubert en sy gee die volgende inligting:
Daar is heelwat WOES skrywers met treffende straatkind gedigte - ek sal dit vreeslik graag in die bundel wou publiseer. Die doel van die bundel is om bewusmaking te skep in Suid Afrika oor die lot van straatkinders. 
Ek poog om die digbundel op Internationale Straatkind-dag 12 April 2015 bekend te stel met gedigte oor straatkinders van Afrikaanse digters oor die hele Suid Afrika.
Die digbundel sal ook tesame met 'n musiek CD uitgegee word. Ek is betrokke by die nie-winsgewende organisasie YOUNG WORLD EDUCARE wat al vanaf 2001 betrokke is by straatkinders. Ons is reeds in Februarie, dit gee baie min tyd. Sou WOES-digters met Afrikaanse STRAATKIND gedigte  belangstel om deel te wees van die projek hoor ons graag spoedig van julle.
1                     Kontakbesonderhede
Landlyn:      012 5424525
Cellphone: 0745117942
2                     Sperdatum waarop digters finale werke moet stuur:
Die week van 23 - 27 Maart is spertyd. Die laat inskrywings sal moontlik nie kans kry om 'n proef afteteken nie.
Diegene wat verkies om te sien hoe die gedig gaan vertoon in die A5 bundel moet teen 16 Maart reeds gedigte aangestuur het, sodat ons die proewe kan laat afteken.
3                     Die digters sal NIE betaal word nie, maar sal ook nie geld gevra word om hul werk in druk te sien nie. Ons poog om vir elke digter een gratis eksemplaar te kan gee.
4                     Ons hoop die opbrengs is genoegsaam om vir die Young World kleuterskool speel-toerusting te koop. Die skooltjie vir kinders met enkel ouers en ouers wat nog nie werk het nie, versorg en leer die kinders daagliks teen minimale of geen fooie afhangende van die ouers se omstandighede
5                     Digters se name sal by hul gedigte verskyn.

Hier is dus ‘n gulde geleentheid vir ons digters en skrywers om oor STRAATKINDers te skryf hierdie week.
Boland-groetnis
Kiekies.

Gedigte

Woes-Nuus



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar