Projekte: Woorde

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is eenvoudig net ‘WOORDE’. WOORDE wat mooi op die oor val en lekker van die die lippe afrol. WOORDE met musiek in die uitspraak of beelde in die letters. WOORDE waarvan jy hou. WOORDE wat jy graag sê. Nou goed dan, ook WOORDE wat jy verpes en helemaal vermy.

Dink nou maar aan kafoefel. Hierdie woord is een met beelde in sy letters, of hoe?
Dan is daar peuter. Kan jy sien hoe iemand vat en vroetel waar hy nie moet nie? Vroetel is ook so woord.

Ek dink ook aan pofadder en knormoer. Of selfs net knorrig.  Nou dat ek daaraan dink, al drie hierdie WOORDE beskryf sekere mense wat ek ken.

Laat die woord boesem jou ook ’n warm gevoel om die hart voel? En net deur opelyf te sê, gee mos sommer ’n salige gevoel van verligting. Chiffon kom sag en glibberig deur jou lippe. Polemiek klink soos dit waarmee ’n politikus hom besig hou.  Eintlik is dit.

Gedigte

Gorrel

Kortverhale

Rubrieke

Woes-Nuus



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar