Projekte: Pad

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is PAD. Elke lewendige mens, wat sy omstandighede ook àl mag wees, stap ’n PAD. Soms is dit ’n gelyk PAD en soms is dit maar bra klipperig.
As ons kyk na die letterlike paaie van ons land en verder noord in die res van Afrika, dan weet ons en sien ons dat as mens nie gereeld herstel, opvul, toegooi en onderhou nie, ontstaan daar gaatjies. En soos Theuns Jordaan se liedjie gaan, ’n gaatjie wat nie aandag kry nie, word later ’n gat en nog later sommer ’n donga. So groot word die gat dat die PAD naderhand onbegaanbaar raak.
Soms is jy op ’n opdraand PAD en soms op ’n afdraande PAD en die een kan so moeilik of gevaarlik wees as die ander. In elke PAD is daar iewers ook ’n kruis-PAD waar jy sal moet kies: Links of regs, vorentoe of omdraai.  Jou keuses bepaal die PAD wat jy verder sal stap.

Gedigte

Rubrieke

Woes-Nuus



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar