Projekte: Praat

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘PRAAT’.  Ek moet egter verduidelik hoe ek by ‘PRAAT’ gekom het.

Verlede week stap ek en Bokka strand toe. Soos elke oggend of aand. Ons probeer om elke dag wat ons in hierdie wonderskone plek mag woon, ons tone in die sand te steek. Op pad huis toe, sonder waarskuwing, kom druk ’n skaaphond sy nat snoet agter teen Bokka se been.

Bokka skrik nogal vir die koue, nat ding teen sy vel, maar die hond glimlag oopbek en waai sy stert spelerig. Hy skarrel oor die pad om die bulhond agter die hek te terg. En vandaar die twee swart worshondjies en die Rottweiler oorkant die pad.  So hol hy heen-en-weer oor die pad en veroorsaak ’n hele kabaal, terwyl hy nie die glimlag van sy bakkies kan wegvee nie. So nou en dan loer hy terug oor sy stert, asof hy verwag om iemand te sien.

Dit was duidelik dat dit ’n hond is wat ongesiens by sy baas se hek uitgeglip het en nou vir al die honde sê: ‘Wêla kapêla, kyk hoe vry is ek terwyl julle agter tralies sit!’ In my kop is dit wat hy sou sê as hy kon ‘PRAAT’. 

Gedigte

Gorrel

Musiek & Lirieke

Artikels

Woes-Nuus



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar