Projekte: Gat

Die nuwe tema vir hierdie week se Vandag-in-Woorde is GAT.  Ek het verlede week besef hoeveel konnotasies GAT aan verskeie woorde gee. Ek wil jou nou nie ’n GAT in die kop praat nie, maar oorweeg die volgende:
’n GAT-slag is ’n gebeurtenis wat sommer ’n GAT uit jou hart geruk het.
GAT–oor-kop is ’n goeie verduideliking vir bollemakiesie slaan.
Onthou jy ook:
Daar’s ’n GAT in die grond en die groen gras groei daarom.
Of: GAT jy môre dorp toe, sien jy ’n giraffe
      Kolletjies op sy voorkop
      en kolletjies op sy GAT jy môre ......
’n GAT-like idee kom van die verkeerde end van jou lyf af.
Het jy ook vriende of kennisse wat hulle soos GAT-goggas of GAT-vlieë gedra.
As ek maats huis toe gelok het, het ma gesê: ‘die kind moet alewig ’n GAT-lakei saamsleep!’
Sy het ook ’n leer plak gehad by name ‘GAT-BRAND’.
Die ou wat sukkel om te spaar, se geld brand mos ’n GAT in sy sak.
Stop jou kers-bonus darem ook ’n GAT of twee toe?

Gedigte

Gorrel

Rubrieke

Woes-Nuus



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar