Projekte: Pla

Heel eerste wil ek eers baie dankie sê aan ieder en elk wat vir ons n GAT-bydrae gelewer het die afgelope week. Daar was snaakses, ernstiges, skerpes en kostelikes. Julle was PUIK! Ek was aangenaam verras.

Hierdie week is die tema vir Vandag in Woorde, PLA. Dis ’n relatiewe begrip. Wat jou PLA, raak my nie en wat my PLA raak nie die volgende persoon nie. ’n Vriendin uit die woestyn uit, laat my weet:

‘Ek is so bly jy is nie vandag hier nie, want jy sou ’n koronêr geskiet het.’

‘Hoekom dan?’ vra ek dadelik.

‘Ek het ’n draai deur my huis gestap en sewe paar skoene wat bly lê het, opgetel.’

Met ‘bly lê het’ bedoel sy daar waar sy dit uitgeskop het. Rondlê skoene PLA haar nie, maar soos jy kan aflei PLA dit my grensloos. Tog is daar ander dinge wat haar tot maagpyn toe PLA, wat my nie in die minste raak nie.

Kom ons ondersoek die woord bietjie verder.

Rubrieke

Gedigte

Gorrel

Woes-Nuus



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar