PROJEK – WOESTYNE (2015-04-01 tot 2015-04-14)
Die volgende twee weke is die projek WOESTYNE … maar daar is ‘n kinkel in die kabel vir die digters. Die ander genres se inskrywings kan bloot oor WOESTYNE gaan.
BV:
Letterlik: ‘n fisiese WOESTYN
Figuurlik: ‘n denkbeeldige WOESTYN in jou lewe/gedagtes.
MAAR hierdie week maak ons dit so bietjie moeilik deur te vra dat elke GEDIG INSKRYWING ‘n WINKELHAK/NAAMVERS/ AKROSTIGON moet wees …
maw:
Die TITEL van jou gedig HORISONTAAL moet ook in jou gedig VERTIKAAL gebruik word. (kyk na die voorbeeld), as jy meer as een vers in jou gedig wil gebruik moet jou titel dit weerspieël (as jy 3 verse het moet jou titel ook uit drie woorde bestaan).
BV:
WOESTYN
Waar die son sag verdwyn
Oor sandduine sak
Ek stil na die horison staar
Sien ek weer God’s genade
Teen hemelruim in wolke geskets
Yllend roep my siel dan dankie bede
Na U, O Skepper God
© Anzè Bezuidenhout
U sal let dat elke eerste letter van die vers AF ook die woord WOESTYN spel... (Ek het met Hoofletters begin om dit vir u uit te wys)
Slegs 2 inskrywings per deelnemer per afdeling asb. (sluit alle afdelings in: gedigte, rubrieke, verhale, resensies, artikels, of musiek & lirieke)
Hierdie tema is geldig vir twee (2) weke. Sterkte aan al ons skrywers. Die kompetsie is geldig van 01-04-2015 tot 14-04-2015
Onthou asb die laaste skrywe sal dus om 24:00 die Dinsdag aand ingeneem word. Die wenners sal dan die vrydag bekendgemaak word en die eerste 3 plekke sal ‘n sertifikaat ontvang in elke afdeling hetsy gedig, rubriek, verhaal, resensie, artikel, of musiek & liriek
Wees altyd geseënd en 'n geseënde Paastyd, wees veilig asb.
Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout
Daar is tans geen items in hierdie kategorie, loer binnekort terug.
deur Hannelie
My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms