Projekte: EINA!

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is EINA. Dis ’n woord wat ouers baie vroeg in hulle babas se lewens gebruik. Dit word sommer ’n naamwoord as mamma sê: ‘kom hier dan soen ek daai EINA beter!’

Dis ’n woord wat dwarsdeur ons lewens met ons hand aan hand loop. As jy sewe is en die tandarts besoek is EINA in jou gedagtes. Of wanneer jy jou knie nerfaf val in die grondpad. Wanneer jy bietjie groter is kom EINA op die rugbyveld voor. Of wanneer jou langeraat verstuit raak deur ’n netbalbal, is ‘EINA f f f verdomp’ op jou lippe. Of daai bloemieng harde krieket- en hokkiebal. Dis waar my sinkplaat maermerries vandaan kom. Of met die rottang in die hoof se kantoor, toe kinders nog kinders was.

Daar is baie EINA’S in die lewe wat geen sigbare letsels of blou kolle laat, waarmee jy later simpatie kan afpleit nie. Die blou kolle van ’n EINA in die hart, siel of gemoed is egter van die heel moeilikste EINA’S om te oorleef. Sommige van daai EINA’S gaan saam met mense kis toe.

Tog is ’n EINA-storie soms van die mees komiese vertellings wat ek al gelees het. Dalk omdat ek dit so werklik in my verbeelding kan voorstel en beleef.

Is jou EINA vandag skreeusnaaks, pynlik of hartverskeurend tragies, vertel ons hierdie week daarvan in jou gedig, rubriek, artikel of liriek. ’n Gorrel is ook reg, vertel net!

Mag daar nie een nuwe EINA in hierdie week opdoem nie.
Boland-groetnis.

Kiekies.

Gedigte

Gorrel

Woes-Nuus



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar