Projekte: Titel-uitdaging

Hierdie week doen ons vir ’n slaggie iets vars en nuut. Sommerso om die koms van ’n nuwe seisoen in te wei. As die Maker gedink het dis goed dat die seisoene aanhoudend moet verander, dan is dit seker goed dat Woes se Vandag in Woorde ook gereeld oorslaan na ’n nuwe seisoen, of wat praat ek alles?

Hier is ’n verduideliking van ons vars woord-seisoen:

Ek verskaf ’n paar titels van bestaande Afrikaanse boeke.
Jy kies een of meer of sommer die hele spul en skryf ’n nuwe storie onder dieselfde titel of titels.
Jy mag in die genre van jou keuse skryf. Daarom verwag ons gedigte, kortverhale, rubrieke, lirieke en gorrels. Dalk is dit ’n goeie idee om die waters van ’n vars genre te toets.
Jy mag in meer as een genre ook skryf. As jy wil, ’n rubriek en ’n liriek, of so iets.
Onthou die titel bly dieselfde, maar jy interpreteer dit soos die gier jou pak.
Verder is daar geen ellelange lys reëls nie.

Al wat nou oorbly is om die titels te gee. Hier is dit dan:
1. Reisiger
2. Die Ooreenkoms
3. Gister is ’n vêr land
4. Die Kinderdief
5. ’n Vurk in die pad

Kortverhale

Gorrel

Gedigte

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar