Projekte: BOEKRAK

Die tema vir Vandag in Woorde is hierdie week ‘BOEKRAK’. Vergun my asseblief om hierdie bobbejaan nou eers doer vêr agter die berg te loop haal. Ter verduideliking hoe ek by hierdie tema uitgekom het, want dalk help dit jou om ’n bydrae uit te dink.

So week of wat gelede, kuier ek en KB-Carol op die skerm m.b.v. Skype. Dis hoe ons ons werk afgehandel kry en sy my orders uitdeel. Sy vertel toe vir my dat sy in haar woonkamer ’n BOEKRAK het wat een hele muur bedek. En dat sy daai BOEKRAK op die vakansiedag getakel het om orde te skep in haar woord-wêreld. Daarom het sy nou een hele rak vir haar goeie Afrikaanse letterkunde en een vir die goeie Engelse boeke en nog een vir haar klassieke werke en verder luister ek toe nie meer nie, want my verbeelding sit op loop.

Ek sien in my gedagtes een van daai pragtige stinkhout of swarthout dak-tot-vloer en muur-tot-muur boekrakke wat ons veral in die Europese ou herehuise sien. Ingerig met ’n trapleer waarteen mens kan opklim om ’n boek in die hoogste hoek van die BOEKRAK af te haal. Ek sien boeke in leer buiteblaaie met krakerige vergeelde bladsye en die skrywer se handtekening met ’n vulpen geskryf. En. . . en. . .

Ek vra toe vir KB om vir my twee titels elk te noem van wat sy beskou as haar goeie Afrikaanse en goeie Engelse werke op haar BOEKRAK. Dit was egter nie genoeg om my nuuskierigheid te stil nie. Daarom vra ek vandag vir jou wat hier lees: Vertel ons van jou BOEKRAK en sy inhoud. Of enige BOEKRAK wat jou diep beïndruk het.

Gedigte

Rubrieke

Woes-Nuus



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar