Projekte: BEDERF

Die nuwe tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is BEDERF. Dis omdat ek nou swaarkry, nadat ek BEDERF was met my Bokka wat heeldag by my was en hier uit die huis uit gewerk het. Nou is hy in ’n kantoor in die stad en ek het niemand meer om my te BEDERF nie. (Snuif-snuif)

BEDERF is nou een van daai woorde wat twee algeheel en toetentaal teenoorgestelde konnotasies het. Die eerste BEDERF is onaangenaam, nl. Sleg/vrot word. Dink maar aan vleis of groente of vrugte wat BEDERF geraak het. Ewe onaangenaam is ’n kind wat te veel BEDERF word of was en nou eintlik ook vrot is in die samelewing. ’n Bedorwe brokkie.

Nog ’n BEDERF wat negatief is, is wanneer jy jou oë bederf deur in swak lig te lees of in skerp lig te werk sonder die nodige beskerming.

Tog is BEDERF ook goed en mooi. ’n Man of vrou kan die wederhelf BEDERF met iets waarvan die persoon beslis sal hou, soos kaartjies vir die rugby of Russiese ballet. Of sommer net Lindt sjokolade of ’n sak biltong. Ek was die afgelope tyd kort-kort BEDERF met ’n beker vars koffie of rooibostee met heuning en suurlemoen, nes ek daarvan hou.

Musiek & Lirieke

Gedigte

Gorrel

Woes-Nuus



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar