Projekte: PROJEK – Kelders van die see (2015-07-08 tot 2015-07-21)

Die volgende twee weke is die projek KELDERS VAN DIE SEE . . .  Kom skets vir ons jou denke rondom die diepsee se verlore en soms vergete skatte

Die pragtige lied van Koos du Plessis Kinders van die wind wat deur Lauika Rauch gesing word vat die nostalgie van die diepsee geheime mooi vas . . .

Kinders van die wind

Ek ken ‘n ou, ou liedjie
van lewenswel en wee
van lank-vergane skepe in
die kelders van die see

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal
soos vaag-bekende grepies in
‘n baie ou verhaal

Refrein:
van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
en eindelik was almal maar
net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai
en waarheen daardie woorde is
sou net ‘n kind kon raai . . .

Hierdie tema is geldig vir twee (2) weke. Sterkte aan al ons skrywers. Die kompetsie is geldig van 2015-07-08 tot 2015-07-21

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout

Rubrieke

Gedigte

Musiek & Lirieke

Kortverhale

Jeugverhale



DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar