Projekte: SKER

Hierdie week se tema vir vandag in woorde, het in my gedagtes lêplek gekry toe ek na ’n radio-onderhoud luister met iemand wat heeldag met ’n skêr in die hand sy daaglikse brood verdien. Kan jy al raai? Jip, die tema is SKÊR. Ek hoor jou...jy vra: “Kiekies, wat vir ’n tema is SKÊR dan nou? Watse goeie goed rook jy deesdae?”

Wag nou man, gee kans, ek verduidelik. Eerstens het ek aan die verskeidenheid SKÊR-e gedink wat op my haarkapster se trollie lê.  En elkeen het ’n spesifieke taak om te verrig. En so terwyl sy haar taak verrig, broei daar honderde stories onder haar SKÊR uit. En toe onthou ek oom Willie wat altoos my pa se hare in ‘short back and sides’ geknip het. Eers met die skeermasjien en dan net so hier en daar met die SKÊR. Dan het hy nog in daai dae die hare ook geskroei. Hulle het ’n rede gehad, maar ek kannie meer onthou nie. Ek is seker hier in manne op WOES wat sal weet.

Jeugverhale

Gedigte

Gorrel

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar