Projekte: PROJEK – WOLKE / STORMS (2015-08-19 tot 2015-09-01)

PROJEK – WOLKE / STORMS (2015-08-19 tot 2015-09-01)

Die volgende twee weke is die projek WOLKE en STORMS  . . . 

Ons almal het al in die wonderskoon van die wolke verdwaal, die wolke sien opsteek en dan die donderstorm beleef. Selfs as kinders (en as jy soos ek is, doen jy dit dalk steeds?) vorms en voorwerpe in die wolke gesoek. Kom skets vir ons jou WOLK/STORM gedagtes (BEIDE woorde MOET voorkom in jou inskrywing) … dit kan natuurlik ook ‘n figuurlik gesproke WOLK / STORM  wees wat jy wil beskryf (soos iets wat soos ‘n donker wolk oor jou hang of dalk het elke donker wolk ‘n goue randjie). Sorg asb dat die woord WOLK/STORM duidelik en beskrywend in jou inskrywings voorkom.

Slegs 2 inskrywings per deelnemer per afdeling asb. (sluit alle afdelings in maw: 2 x gedigte, 2 x rubrieke, 2 x verhale, 2 x resensies, 2 x artikels, of 2 x musiek & lirieke)

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout

Rubrieke

Gedigte

Kortverhale

Jeugverhale



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar