Projekte: Woord-uitdaging Augustus

Nou ja, al maak die weer nes dit lus het en stuur soms sneeu in die somer en somerweer in die winter, is Augustus die laaste maand van die winter. Wag…wag… moenie op my skree nie. Dis my opinie en jy is geregtig op jou eie.

Sommer net omdat dit ook my opinie is dat September die begin van die lente beteken en lente altyd verandering bring, reken ek dis weer bietjie tyd vir iets anders hier in Vandag in Woorde. Daarom dan daag ek jou weer uit om te skryf met of oor ses woorde.

Hier is die woorde:

Impulsief
Negatief
Realisties
Vredeliewend
Miserabel
Ongeskik

Al wat jy moet doen, is om vir ons ’n storie te bou wat al ses hierdie woorde of verbuigings daarvan, bevat.

Enige genre sal doen. Jy het, of het dalk nie opgemerk nie, maar al ses woorde is karaktertrekke van die mens. Bekyk ’n paar mense en beskryf hulle vir ons. Ek reken ons kan ’n paar oorspronklike, unieke en kreatiewe werkstukke verwag.

Ons sal moet wag en sien wat daag hier op ons werf op.

Intussen wens ek jou al die uitbundige vreugde wat met die lente gepaard gaan, toe.

Boland-groetnis
Kiekies.

Gorrel

Kortverhale

Gedigte



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar