Projekte: HUWELIK

Hierdie tyd van die jaar wil al wat ongetroud is, mos trou. En trou is nie perde koop nie. Al wat ’n venue is, is vol bespreek en in elke winkel wat huisgoed verkoop is daar ritse registers vir die trougeskenke wat verwag word deur die paartjie wat voornemend is om in die ‘HUWELIK’ te tree.  Nou toe, daar is dit nou uit. Die Vandag in Woorde tema vir hierdie week is ‘HUWELIK’.

Kyk, oor hierdie onderwerp het ieder en elk iets te sê. Getroud of ongetroud. Man of vrou. Oud of jonk. Afrikaan, Europees, Asiaat of Indiër. En verby is die dae dat die HUWELIK slegs tussen partye van die teenoorgestelde geslag plaasvind. 

Gedigte

Kortverhale

Musiek & Lirieke

Rubrieke

Gorrel

Artikels

Woes-Nuus



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar