Projekte: PROJEK – HANDE (2015-09-30 tot 2015-10-13)

Die volgende twee weke is die projek HANDE . . . 

Hande . . .  daar is soveel nostalgie en karakter in hande.  Ek roep my bejaarde pa se grootmaak hande in die geestesoog, my man se hande wat so hard werk om ons te onderhou, die liefde van my moeder se hande in versorging, die kunsternaarshande wat die mooiste skilderye/beelde skep, hande in gebed, hande in liefde ens. Kom deel jou HAND gedagtes met ons.

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout

Rubrieke

Gedigte

Gorrel

Kortverhale

Artikels

Musiek & Lirieke



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar