Projekte: PROJEK – KONTRAS (Teenoorgestelde pole) (2015-11-25 tot 2015-11-08)

Elkeen van ons het al voor keuses te staan gekom. Daar is soveel dinge wat ons in teenstelling met mekaar kan plaas bv: Rykdom vs armoede, Koue vs hitte, Nat vs droog, Goed vs sleg, Somer vs Winter, Geluk vs hartseer, Verlede vs toekoms, Kort vs lank, Mooi vs lelik, Lag vs huil, Droogte vs oorstromings, Dag vs nag en vele ander

Jou opdrag is om 2 goed/dinge DUIDELIK in KONTRAS met mekaar te plaas . . .

Ek heg ‘n voorbeeld van een van my gedigte in die JUKSTA digvorm aan.

Stofpad genade-plassies  (JUKSTA )

aamborstig kug droeë windasem deur
dor-in-die-lug-gryp gestroopte takke
stofwolke dans riel in flou geskynde lug
‘wyl kiewiet hees fluit en hadida se skreeu vir reën
verlore en genadeloos in droogtraan drup –
van dors

as donker donderwolke saampak,
in nuwe koeltes oor aarde kom lê
knal welkome reëndruppels
soos gansspore oor dorre paaie
om genade-plassies nuut te kom maak
waar eens net stof was
© Anzé Bezuidenhout

Slegs 3 inskrywings per deelnemer per afdeling asb. (sluit alle afdelings in maw: 3 x gedigte, 3 x rubrieke, 3 x verhale, 3 x resensies, 3 x artikels, en 3 x musiek & lirieke) Lede kan dus 3 inskrywings in elke afdeling plaas.

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout

Gedigte

Rubrieke

Jeugverhale

Artikels

Kortverhale

Gorrel

Resensies



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar