Projekte: KERSFEES

Dis byna die einde van die jaar en meeste van ons is besig om klaar te maak by die werk, dringende projekte af te handel en af te rond. In winkelsentrums hoor ons Kersfeesmusiek en kersversierings is reeds oral te bespeur.

Kersfees is 'n spesiale tyd; 'n tyd wat ons afsonder om tot ruste te kom na 'n dol jaar en saam met geliefdes spandeer. Maar, Kersfees het ook 'n unieke, besondere betekenis vir elkeen van ons.

Wat is jou belewenis van Kersfees? Hoe spandeer jy die feestyd? Is daar dalk 'n spesiale boodskap wat jy met ons wil deel?

Vandag in Woorde se tema is KERSFEES vir die res van Desember.
Deel gerus staaltjies oor Kersfees, mooi herinneringe en jou spesiale Kersfeesgedigte met ons.

Mag hierdie feestyd baie mooi en spesiaal wees vir jou en jou geliefdes.
Carol xxx

Gedigte

Rubrieke

Gorrel

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar