Projekte: NUWE

Dis 'n NUWE jaar en die meeste van ons wonder seker wat hierdie twaalf maande gaan inhou. Ons tema vir die eerste Vandag in Woorde vir 2016 is dus NUWE.

'n Nuwe jaar bied gewoonlik die geleentheid om mens se lewe te beskou en te besluit waar en wat jy wil verander. Jy kan miskien 'n nuwe beroepsrigting inslaan, 'n nuwe romanse begin of in 'n nuwe huis intrek. So kan jy ook nuwe voornemens vir hierdie jaar stel … en hopelik daarby hou.

NUWE dui op 'n vernuwing, op die uitskop van ou gewoontes, sienings of goeters. Dis amper soos om jou ou vel af te skud en plek te maak vir 'n nuwe jy.

Wat beteken NUWE in jou lewe? Beplan jy enige nuwe dinge?

Ons sien uit daarna om jou bydraes te lees en jou NUWE ervarings te deel.

Gorrel

Gedigte

Rubrieke

Kortverhale

Woes-Nuus



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar