Almal bêre iets. Iewers in ’n laai of ’n boksie of agter ’n toe deurtjie. Om te onthou om nie te vergeet nie. Dan op ’n terugdink dag word dit uitgehaal. Baie versigtig. Om weer te bekyk, weer te onthou, weer te voel soos die dag wat jy dit die eerste keer gesien het. Dis nie ’n man-ding of ’n vrou-ding nie, dis ’n mens-ding.
Daar is ’n wye verskeidenheid van bêre-goed met net so verskeidenheid van bêre-redes. So is daardie gedroogde platgedrukte roosknoppie of madeliefie wat hy vir haar gegee het die aand wat sy die eerste grootmens soen gesmaak het. Die Wicks-borrelgom papiertjie wat hulle in die bioskoop gedeel het toe hy die eerste keer aan haar hand geraak het. Die strooitjie uit die eerste blikkie Marinda wat hulle saamgedrink het. Die laai vol foto’s van vorige kêrels of nooiens. Dalk ook ’n stapeltjie liefdesbriewe wat ruik na laventel of Eau-de-cologne 4711, met ’n blou lintjie vasgebind.
Waaruit bestaan jou bêre-goed en waarin bêre jy dit en vir watter rede? Wanneer haal jy dit uit en hoe voel jy dan? Vir wie wys jy dit? Hoe lankal bêre jy dit? Laat ons asse-groot-blief tog toe om saam te kyk, te onthou en te beleef. Ons sal met respek, baie versigtig met jou bêre-goed werk.
Titel: Die museum van my hart
Titel: BêRE GOED
Titel: Mona Lisa
Titel: Herfsdag: gebottel
Titel: winter
Titel: Beregoed van 'n Pa
Titel: Ek bêre jou woorde
Titel: S T E R R E D A N S
Titel: Dood van 'n Lugman
Titel: In my donker kas...
Titel: BêRE DIE HEIMWEE
Titel: Bere: My wegsteekplekkies
Titel: Bêrekind van my hart
Titel: Bêre Goed II
Titel: Bêregoed
Titel: Tema: Bere-goed (Goue sielsdrade)
Titel: Gister se stories is môre se skatte
Titel: HYG ROMAN VAN 'N HOENDERHAAN - bêre-goed?
Titel: 'n Ouman se bêregoed