Projekte: Kos

Daar is soveel herinneringe uit die verlede wat om kos draai of deur kos aangevuur raak. 
Wat is jou gunsteling kos vir elke seisoen van die jaar? Is daar ’n dis wat jou aan iemand spesifiek laat dink of verlang. As ek braaihoender gemaak het op die Kolonel se resep en ek krap die bros oorblyfsels uit die pan, dan onthou ek hoe Seuna dit altyd verslind het. Ai dan is die verlange pynlik. Net so laat pap brandsel my na my ousus verlang. En vark kaiings weer, na my Boeta.
Dalk het jy niks te sê oor kos wat deur die maag moet gaan nie en wil eerder oor kos vir die hart en siel skryf. Oefening van enige aard is kos vir my gemoed en help om van al die bollie op die brein ontslae te raak.
Wat van ’n spesifieke musiekstuk? Dit voed tog ook ’n siel. ’n Goeie boek of fliek? Om langs die see te gaan stap. Iewers op ’n bankie te sit en net die mense dop te hou.
Kos vir die maag. Kos vir die hart. Kos wat jou laat goed voel. Kos wat verlange in jou hart sit.  ’n Fênsie ete wat jy met iemand spesiaal gedeel het. Of ’n stukkie brood met iemand wat jy skaars ken. Kos laat mens liries raak. Doen dit hier op die Woes-werf en gee ons ander Woes-tyne ’n happie van jou gunsteling kos. Sommer die resep ook as jy wil!

Rubrieke

Gedigte

Gorrel

Kortverhale

Woes-Nuus



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar