Projekte: Erfenis

‘Erfenis’ is hierdie week se tema vir “Vandag in Woorde”
Elkeen van ons het ’n erfenis ontvang. Individueel of as deel van ’n klein groepie en selfs groter groepe tegelyk.  Van ons ouers, van ons voorvaders, van ons volk of kultuur. Daar is selfs Wêrelderfenisgebiede. 'n Spesifieke plek soos 'n woud, bergreeks, meer, woestyn, gebou of stad wat bewaar word vir die gemene erfenis van die mensdom. 
Sommige dinge wat ek geërf het, het nie vreeslik waarde nie en ander dinge sal ek met my lewe bewaar. Vandag vra ek die volgende vrae aan jou:
Wat beskou jy as jou erfenis?
Watter musiek beskou jy as Erfenis musiek?
Bestaan daar iets soos Erfenis kos of resepte? Dalk koesisters of souskluitjies.
Ek dink aan handewerk of stokperdjies wat in my oë deel van my erfenis uitmaak. Het jy so iets?
Wat van Erfenis kuns? Hang daar iets teen jou muur of staan daar iets op jou boekrak?

Gedigte

Artikels

Gorrel

Rubrieke

Woes-Nuus



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar