Projekte: Nuwe Uitdaging

Hierdie week is dit weer tyd dat ons ’n woord uitdaging doen in die ‘Vandag in Woorde’ gleuf.
Daar is paar van die skriftelike inwoners op die WOES-werf wat hulleself puik van die taak kwyt om ’n rits woorde te omskep in ’n  gedig, rubriek, gorrel of selfs ’n kortverhaal. Hulle skep ’n hele nuwe verhaal met net ’n paar woorde.
Het jy nog nie die uitdaging aanvaar nie? Allawêreld, dan is dit mos hoogtyd! Ma het altyd vir my gesê: ‘As iemand anders dit kan doen, kan jy ook’ en dan het sy bygelas: ‘…..net ’n bietjie beter.’ Daarom sê ek: ‘Woes-vriend, kom wys ons hoe JY dit doen’.
Ek gee weer die reëls vir diegene wat dit nog nie ken nie:
Elkeen van die ses woorde moet in jou skryfsel voorkom. Die woorde soos ek dit gee of ’n verbuiging daarvan, bv. ‘kat’ is die voorgestelde woord en jy verbuig hom na katterig of katools. Dit maak die uitdaging baie interessant en verskaf eindelose lees genot. Dis mos hoekom jy skryf. Sodat ’n leser genot daaruit kan put, of sit ek nou die pot mis?
Eintlik was dit die enigste reël, behalwe dat jou titel met die woord ‘Uitdaging’ moet begin.
Al wat oorbly om te doen, is om vir julle hierdie week se woorde te gee. Hier volg dit:
Leeg
Taal
Steek
Skuld
Peil
Middel

Ek kan nie wag om te sien wat daar hierdie week opgetower sal word nie!
Bos groetnis
Kiekies.

Rubrieke

Jeugverhale

Gorrel

Artikels

Gedigte

Kortverhale

Woes-Nuus



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar