Die tema vir hierdie week se vandag in woorde is ‘vuur’. Letterlike of figuurlike vuur.
As ek aan vuur dink is die eerste prentjie wat in my kop kom die beeld van ’n bosveld vuur, doer op my sus en swaer se plaas, ’n klompie kilometer anderkant Polokwane. Heng man, mens kuier heerlik by daai Polle en hulle vuur. Daar is nie elektriese lig wat die vonkelende vlamme in hulle wasige blou silhouette versteur nie. Hulle maak vuur met halwe bome, sodat daar vir ure lank vlamme se geknetter hoorbaar is. Langbeen gestrek, raak ons voetsole vuurwarm terwyl die winter windjie jou rug yskoud maak, daar waar ons in die kring van die spotters sit en luister nag die naggeluide. Nee wag, ek raak nou in vervoering. Om na die vlamme te staar hipnotiseer my elke keer. Selfs as ek net daaraan dink.
Is daar dan iemand wat nie van vuur hou nie? Dink nou maar hoe romanties ’n kaggelvuur in ’n kliphuisie iewers in ’n Kaapse berg is, terwyl die misreën teen die venstertjies in spore afloop. ’n Glasie rooiwyn in die hand en donker rissie-sjokolade wat smelt op die tong. Salig!
Titel: Vuurgloed ...
Titel: Warm of veilig???
Titel: Lewensvuur...
Titel: Hephaestos se Vuur
Titel: MET MY VUURROOI FERRARI
Titel: Raairaaiblikaspaai
Titel: Moeder & Maat
Titel: Brand
Titel: Uit met die nuwe, in met die oue (vuurmaak onner gatte)
Titel: Uit met die nuwe, in met die oue (vuurmaak onner gatte)
Titel: STORIES VIR DIE VUUR / Hoofstuk 10: Bring-n-Braai Blues..
Titel: MARJAAN SE JAART -So Spreek Sara se Suster.
deur Anze Bezuidenhout
Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout