Projekte: Kinders

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘kinders’. Nou kyk, daar is nie ’n mens op hierdie aarde wat nie iets oor kinders te sê het nie.

Indien jy nog kinderloos is, het jy dalk die meeste te sê. Dinge soos: ‘my kinders sal nie eendag dit of dat doen nie. Ek sal dit beslis nie toelaat nie!’  Dis nou omdat jy dink, kinders doen net wat hulle toegelaat word om te doen. Jy mag dit maar sê hier op Woes se werf. Sê dit prontuit in ’n rubriek of verskans dit in ’n gedig.

Indien jy kinders van jou eie het, wil jy dalk jou reg behou om te swyg. Weet net, as jy ons hier op Woes vertel van jou kinders se kaskenades, is dit so goed soos swyg. Ons praat nie uit nie en sal jou met simpatie onderskraag. 

Onthou asseblief die woord "kinders" in jou titel.

Gedigte

Rubrieke

Artikels

Gorrel

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar