Projekte: Bome

Bome deur Kiekies

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘Bome’. Daar is twee redes vir hierdie tema. Die eerste rede is dat dit Boomplant week is in Suid-Afrika en die tweede rede is my eie beheptheid met en liefde vir bome.

Op die oomblik blom soveel bome hier om my, om in skril kleur luidkeels die koms van die lente aan te kondig. Die veld is in ’n reënboog gehul. Die Jakarandas spoeg hul pers-blou bloeisels oral op die sypaadjies en in die teerpad lê die blaartjies in ’n konfetti laag. Die Koraalbome ding driftig mee met skerp kontras van vlam-oranje. Wat ook al die kleur van hul blomme, die bome maak ’n gevoel van nuut gevonde lewe in my wakker terwyl hulle die nuwe seisoen aankondig.
Tog is daar soveel bome wat nog nie blom of blaar het om mee te spog nie, maar hulle staan hul man met gevlegte takke, verdraaide stamme of wydgestrekte arms wat koel skadu’s belowe sodra die son eers warmer brand.

Is jy lief vir bome? Watter soort boom sal jy hierdie week wil plant? 

Gedigte

Rubrieke

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar