Projekte: Vol

Die tema vir hierdie week is ‘VOL’ en dit is ’n tema wat ‘propvol’ met ‘volop’ moontlikhede is.  Seker ook nie vir almal nie. Net vir dié wat ‘vol’ idees en kreatiwiteit is. Dalk ook diegene by wie daar nou ietsie in die verbeelding begin rondspring. Of in die geheue dalk. Ietsie ‘vol’ energie, wat smeek om uitgelaat te word. Ek ken mense wat elke dag hulle gedagtes ‘volstop’ met ’n swetterjoel skryf-planne.   Of is ek nou gans te ‘hoopvol’ of te ‘vol-moed’?

Nee, ek glo nie! Jy hoef nie ‘selfvoldaan’, ‘volleerd’ of ‘volmaak’ te wees om iets ‘betekenisvol’ uit jou pen te laat vloei nie. Al wat dit vra is net ’n bietjie ‘volharding’.
Hoor ek dalk iemand roep: ‘volstrek’ nie? 

Rubrieke

Gedigte

Musiek & Lirieke

Woes-Nuus



Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar