Projekte: Suid-Afrika

SUID-AFRIKA

En so kom Oktober maand tot 'n einde en ons staan aan die begin van November maand. Hierdie maand is die FORUM KOMPETISIE se tema: "SUID-AFRIKA"

Ons het 'n pragtige land vol pragtige mense. Ja daar is ook die negatiewe gebeure en dinge, maar kom vertel ons van jou positiewe ervarings. Die komiese, hartseer, inspirerende gebeure. Vertel ons hoe jy voel oor Suid-Afrika, jou land.

Doen dit deur jou gedig, lirieke, rubriek, verhaal of gorrel stuk. Onthou net dat hierdie nie 'n politieke platform is nie. Ons keer ook nie rassisme goed nie en enige stuk wat rassisties van aard is sal nie ingeskryf word nie.

Geniet die uitdaging en ons sien uit om julle siening van Suid-Afrika te deel.

Forum Bestuurder
Dave

Rubrieke

Gedigte

Gorrel

Artikels

Musiek & Lirieke

Resensies



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar