Projekte: Onthou

Die tema vir ‘Vandag in Woorde’ vir hierdie week is ‘ONTHOU’. Nou moet ek bieg, dit was nie my eie idee nie. Dit het gekom van ’n gesprek tussen my en Elvina, nadat ek kommentaar gelewer het op haar heerlike rubriek waarin sy die ou ‘donkie’ onthou, wat gestook moes word om warm water te voorsien aan ’n huishouding van ouds. Ek kon dit so duidelik onthou, met lekker en pynlike herinneringe. As kind wou ek altoos help stook, daarom dus dat ek op ’n dag heel-voet binne-in ’n hoop warm as getrap het. Arrrrrrggg ek ril nou nog van pyn.
In antwoord op my kommentaar sê Elvina toe: “Ek wens net meer lede wil sulke onthou dinge neerpen. Wat van die volgende tema ‘ek onthou...........”. 

Gedigte

Kortverhale

Rubrieke

Gorrel

Resensies

Woes-Nuus

Jeugverhale



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar