Projekte: Speletjies

Die nuwe tema vir Vandag in Woorde is ‘speletjies’. As ek nou moet verklaar waar ek aan hierdie tema gekom het, kan ek nie. Jou gedagtes het seker ook al op galop gegaan en wanneer jy uit die beswyming wakker skrik dan wonder jy: “hoe het ek nou hierby uitgekom?” Wel hierdie tema is een van daai.

Ewenwel, ons gorrel en dig en maak hierdie week stories oor speletjies.

Speletjies is nie net altyd onskuldige plesierige tydverdryf nie. Mense speel soms baie gevaarlike of wrede speletjies sonder regverdige reëls en met nare gevolge. Was jy al ’n vrywilliglik verpligte speler in sulke speletjies? Kom vertel dan vir ons daarvan.

Daar is ’n wye verskeidenheid speletjies. Kantoor speletjies om mag af te dwing of promosie te bewerkstellig. Politieke speletjies. Kop speletjies. Selfs ’n potjie owerspel hier en daar. Wolf praat in een van verlede week se bydraes van Pretty Women se spel wat op baie maniere gespeel kan word.

Komaan, skryf daaroor!

Gorrel

Gedigte

Rubrieke

Woes-Nuus



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar