Projekte: PRET & PROJEKTE

Projek: WOES Skryf WOES 2015

Kere gelees: 0 | Totale Kommentare: 8189

Elke Woesteling skryf om een van die volgende redes:
- Dis jou passie
- Jy het iets om vir ander te sê
- Skryf is jou terapie en ontlading

Daar is skrywers wat sê hulle skryf nie vir ’n leser nie. Maar, en dis ’n groot maar, die meeste van ons wil dit wat ons skryf met ’n leser, en hopelik baie lesers, deel.
Om hier op Woes te skryf is maar net die begin. Woes is jou een-snaar-blik-kitaar.

Waar jy oefen en leer en faal en weer probeer. Dis die kommentaar en aanmoediging van die ander Woestelinge, wat jou motiveer om nog te skryf en al beter te raak.

Dan kom daar ’n dag wat jy weet ... jy weet jy het nou genoeg geskryf om ’n boek te publiseer. Hetsy in ’n gewone boekrak-boek of ’n e-boek. Elke skrywer pak nie altyd die bul by die horings nie, om verskeie redes:

Jy dink nie jou werk is goed genoeg nie
Jy kom net nie klaar nie
Die motivering is weg
Jy het geen idee hoe om te publiseer nie
Jy weet nie waar om te begin nie

Met WOES Skryf WOES kan jy in 2015 jou eerste boek publiseer! 


Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)

Kere gelees: 0 | Totale Kommentare: 357

Aangesien elkeen seker al die vreeslike hartseer nuus gekry het dat WOES op 14 Februarie 2016 sy deure op die web sluit het ek dit goed gedink om ons laaste projek  weer vir die hele maand te loots sodat elkeen wat wil kan afskeid neem van 15 jaar se samesyn. Met hierdie laaste projek is daar geen beperkings op inskrywings nie. Die projek sluit 2016-02-07 en daar sal nog n week kans wees om die wenners van die laaste WOES projek te kan aankondig.

AFSKEID, wat kan mens alles hier onder verstaan en sê . . . 

Afskeid by ‘n graf, Afskeid van ‘n kind wat gaan studeer/trou, Afskeid van ‘n geliefde, Afskeid van familie/vriende wat verhuis/emigreer, Afskeid van ‘n era wat verby is . . . en so kan ons aangaan . . .

Sterkte aan al ons skrywers. Die kompetsie is geldig van 2016-01-06 tot 2016-02-07. KOM WEES ASB DEEL VAN DIE LAASTE PROJEK!

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout


Projek: PROJEK – LIEFDE (2015-12-09 tot 2016-01-05)

Kere gelees: 0 | Totale Kommentare: 410

Die volgende maand is die projek LIEFDE . . . 

Dit is die Feesgety, ons moderator gaan ook n ruskans vat dus gaan die projek n volle maand loop en daarom mag elke lid 4 inskrywings per afdeling plaas.

Ons herdenk ons Verlosser se geboorte op 25 Desember en wat ‘n groter bewys van liefde is daar vir ons as sondaarmense? Maar kom ons dink wyer . . . Ek het so bietjie naslaanwerk gedoen oor verskillende soorte liefde . . .

Agapè liefde – Godelike liefde (Hierdie liefde word in die mens se gees gedra. Hierdie is werklike omgee-liefde.  Emosie speel geen rol in hierdie liefde nie.)
Eros (Storge)liefde – Seksuele liefde (verliefdheid)soos vir jou maat (Die mens beleef erosliefde deur sy liggaam - die vlees).
Filio (Metta) liefde – die liefde vir jou vriende en familie (Word primêr beleef in die mens se siel, sy karakter, daardie deel  wat my maak wie ek in besonder is.) Onvoorwaardelike liefde
Xenia liefde-  liefde vir vreemdes
Narsistiese liefde – Eie of self liefde
Patriotistiese liefde – liefde vir Volk en Vaderland
Fetish – liefde vir snaakse goed

Jou opdrag is om een van hierdie liefdes DUIDELIK UITKENBAAR te kom vaspen. NOEM asb die liefde wat jy uitbeeld in jou inskrywing se OPSKRIF in hakkies.

Wees altyd geseënd

Projekbestuurder
Anzé Bezuidenhout




Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar