Winkel

ISBN: 9781920201289 | Datum gepubliseer: 0000-00-00 | Uitgewer: Publiself Uitgewers


..as ek met hierdie boek ‘n glimlag op een persoon se gesig kan sit, voel dit vir my die moeite werd. My grootste fout my hele lewe lank was om ‘n verskil op te klein skaal te maak, en dan te laat te besef dat ek moes groter kring, want iemand het dit wel raakgesien en aangeraak. Ek poog om op ‘n tong-in-die-kies manier vir iemand daar buite te laat insien dat die lewe nie so ernstig depressief hoef te wees nie, en dat ons wel uit mekaar se normale menswees iets kan put om, al dan net vir vandag, te kan aanhou veg.. dat dit nie gaan help om op te gee nie, want as jy klaar gehuil en geskree het met gebalde vuiste, sal jy vind dat jou probleem nie weggegaan het nie. Nou het jy die probleem EN 'n toeneus en kopseer. Weet dat ons klomp daar buite eintlik empatie met jou het, en dat ons net na mekaar moet reik om deur die drif te kom. Ek hoop dat oud en jonk my werk sal kan lees en dat dit aanklang sal vind by elke ou wat dit beetkry. Daar is ‘n groot genoeg verskeidenheid, dat as jy nie van een soort werk hou nie, jy gerus kan omblaai en hopenlik nie te ver hoef te soek voordat jy iets kry waarvan jy wel hou nie. Ek gee nie om waar jy my boek hou nie, sitkamer of badkamer, kombuis of in die motor, al wat ek vra, loer hom so af en toe. As jy ‘n langsit in die badkamer gaan doen, is daar iets lanks genoeg om te lees, en ‘n vinnige kuiertjie maak ek ook voor voorsiening. Sien, my werk is in jou gesig, so lank soos jy dit daar wil hê. Jy hoef my ook nie eens ernstig op te vat nie, die lewe is ernstig genoeg. Al waarvoor ek vra, is dat jy vir ‘n oomblik van al die swaarkry vergeet en saam met my ‘n glimlaggie trek vir ons menswees. Ons is almal immers hier om mekaar te ondersteun, al is dit nou daar in die badkamer in jou tyd van verdrukking…




Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar