Winkel

ISBN: 0 | Datum gepubliseer: 2012-11-25 | Illustreeder: ELVINA | Uitgewer: 0


As Drome Waar word deur ELVINA Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar. Diep woorde wat ons ‘n kykie gee in hierdie besondere digteres se siel en denke. Sy neem die leser sorgvuldig deur belangrike fasette van haar lewe en deel diep, seer emosies, sorgelose pret, lighartige oomblikke … en dan deel sy ook die belangrikste van alles, juis dít wat haar deur al die jare steeds aan die gang hou - haar onblusbare hoop, geloof en drome. Hierdie, haar eerste digbundel, is die verwesenliking van een van haar grootste drome. VOORWOORD Soms skud en skommel die ongenaakbare lewe ‘n mens rond soos ‘n reeds verweerde skip, dobber jy doelloos, gevoelloos en rigtingloos rond en woed die onstuimige storm ook in jou diepste hartkamer. Dan ontdek jy op ‘n dag dat hierdie pyn, hartseer en opgekropte vreugde positief verwerk kan word en so verminder die hartseer algaande die ink vloei deur jou pen. Opregte dank aan my Skepper wat hierdie wonderlike talent aan my toevertrou het en aan my die krag voorsien het om dit van onder die maatemmer na vore te bring.” Voorwaar ‘n móét lees en kosbare geskenk @ slegs R89. Bestel nou!




Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar